Ons is die 3de generasie wat op kalfkontein gasteplaas woon en boer. Ons boer met Merino- en Dorper skaap. Kalkfontein gasteplaas is gelee aan die voet van die Nuveld Berge.
Ons bied n rustige, veilige omgewing vir ons gaste waar hul net kan skoene uitskop en wees. Ons het 2 verblyf opsies. Die Gastehuis wat 6 tot 10 mense kan akkomodeer. En dan die Berghuis in die koppies wat 2 - 4 mense akkomodeer.