Karoo rustigheid gasteplaas

Druk
 
Deel op:

Karoo Rustigheid is net 20km vanaf die bekende OUBERG-pas geleë. Wes van Sutherland op die Roggeveld bergreeks.

Ons verwelkom jou graag op ons plaas waar jy heeltemal veilig, vry kan voel en jy kan ontspan, ontspan en totale gemoedsrus ervaar... Jy kan ook by ons werkende merino-skaapplaas aktiwiteite aansluit as jy wil. Baie welkom.

Kom ervaar die koudste dorp in SA en die mooiste sneeuval in die winterseisoen. Somertyd, ontspan net by die groot plaasdam en roei die boot en ervaar al die voëllewe ens van die plaas.

Kinders kan veilig op die plaas swem en met hul fietse ry. Stap- en fietsryroetes.

Drie groot gastehuise om van te kies op Karoo Rustigheid gasteplaas, Sutherland.

Dit is veilig vir die hele gesin.

Sit terug, ontspan, braai, vars Karoo-lamtjops, van die plaas af, kyk op en jy sal verbaas wees oor die prentjiemooi melkweg en sterre van die plaas af. Geen ligbesoedeling nie.

Dis net 350km vanaf Kaapstad vir 'n vinnige "reset" naweek of langnaweek of vakansie solank jy wil op die plaas by ons.

Ons deel graag ons plaas, rus en vrede, karoo gasvryheid met julle.

Verblyf
Geriewe
Braaiplek
Wi-fi
Selfsorg Detail
Ten volle - oond en ekstras
Algemeen
Langtermynverblyf
Plaasverblyf
Sien en doen
Avontuur detail
Sterrekyk
Voëlkyk
Bergfietsroetes
Staproetes - kort
Swemgat
Besienswaardigheid detail
Sterrekyk
Sport detail
Bergfietsroetes
Wateraktiwiteit detail
Swemgat
Spesiale fasiliteit
Beskikbaar
Kinderspeelarea
Rolstoelvriendelik
SUTHERLAND
Selfsorg
Avontuur • Sport • Wateraktiwiteit
Populêr versoeke
Kontakbesonderhede
023 0041 098 voip / 076 909 8635 whatsapp
Tariewe
Minimum nagte:
1
p/p/p/n:
vanaf R450
Kapasiteit
Aantal eenhede:
3
Aantal kamers:
9
Aantal gaste:
24
Inboek:
15:00
Uitboek:
10:00
Adres
Karoo Rustigheid gasteplaas, Koornlandskloof, plaas , wes van Sutherland. 15 km vanaf die bekende Oubergpas. 45 km wes van Sutherland. Noord-Kaap.