Katryns is 'n bekoorlike gastehuis in Calvinia, waar gaste ware Karoo-gasvryheid en heerlike etes kan geniet. Die verblyf is ideaal vir vakansiegangers én sakereisigers.Die gastehuis het gastekamers wat goed ingerig is en wat elk 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Elke kamer het 'n aparte ingang, TV met die volle DStv-pakket, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en toegang tot 'n pragtige tuin en braaigeriewe.
Aandete en ontbyt is nie in die verblyf koste en moet voor die tyd bespreek word.
Ons gebruik natuurlike skoonmaak middels sover moontlik, ons amenities is ook natuurlik. Ons herwin ons water en gebruik dit weer vir die tuin.