Badsfontein se ou plaashuis is 'n historiese huis wat in 1841 gebou is. Dit bestaan uit 'n 3 slaapkamer en 3 badkamer selfsorg-eenheid met gratis WiFi.
Verskeie stap- en fietsroetes is beskikbaar en die seisoenale besproeiingsdam bied oorgenoeg geleenthede vir fotograwe en voëlkykers.Dis voorwaar 'n tuiste weg van die huis met gaste wat weer en weer terugkom.
Ons baie gewilde karoo-ete kan in die aande bestel word om jou verblyf een te maak wat jy nog vir jare sal onthou.
Kom en herontdek jouself gee dit 'n kans.