Met 'n besoek aan die Egg Rock Garden sien jy ‘n klip wat jou laat dink die Flintstones gaan nou enige oomblik om die draai kom. Die groot doleriet klip, gedoop Egg Rock, is omtrent 10 meter hoog en weeg ongeveer 488ton.
Dit klip balanseer op die rand van wat lyk soos ‘n onstabiele oppervlak, maar staan al jare so. Aan die agterkant van die klip is daar ‘n stuk weg wat blykbaar deur ‘n weerligstraal in 1937 uitgeslaan is.
Ingang is verniet, maar pad soontoe nie altyd in die beste kondisie nie.