Clanflora

Foon toep Blomme Namakwaland

Clanflora is ‘n toepassing (net vir Android-fone tans, 'n aanlyn weergawe kan jy kry by app.clanflora.co.za) om te help met die identifisering van veldblomspesies in die Cederberge, Weskus, Namakwaland en Nieuwoudtville areas. 

2 Natuurliefhebbers, een met ‘n kamera (Marietjie) en die ander met ‘n rekenaar (Jeanette), woonagtig in die hartjie van die mooiste blomwêreld, het saamgespan om meer as 600 blomspesies af te neem en te klassifiseer volgens verskeie kriteria om jou soektog na ‘n spesie se naam te vergemaklik.  Die toepassing gebruik veranderlikes soos kleur, blomvorm, -grootte en streek om identifisering maklik en vinnig te bewerkstellig. Met kleurfoto’s wat die soekresultate vergesel, word die proses van spesie identifisering vergemaklik.

Clanflora het ten doel om bewaring van die unieke blomspesies in die streke aan te moedig.  Hul leuse is nie verniet Bewonder en Bewaar ons Blommeprag.

Besoek hul webblad www.clanflora.co.za vir meer inligting.

Druk
 
Deel op:

Clanflora