YOUPSA se weeklikse Naskool-verrykingsprogram is die enigste geleentheid in die area waar kinders in 'n nie-bedreigende omgewing kan leer, verstaan, gerespekteer voel, waar hulle kreatief kan wees en hulself vrylik kan uitdruk.
Een van die deelnemers het dit te sê gehad: “Dankie YOUPSA. Ek het jou lief. Jy laat my lewe verander. Ek leer baie dinge wat ek nie geweet het nie. Julle is wonderlike mense en inspirerende rolmodelle. Die Naskoolprogram maak my baie gelukkig.”
Hierdie program vind plaas op plase en in townships. Dit is vir kinders in graad 3 – 7 en sluit kunste, drama, span- en leierskapbou, interaktiewe wiskundeleer, geletterdheidsvaardighede, sosiaal-emosionele vaardighede, probleemoplossing, kreatiewe en kritiese denkvaardighede en aktiwiteite vir liggaam en gees in. 'n Gesonde versnapering word elke keer aan elke kind bedien.
Ons beklemtoon die bou van langtermynverhoudings, en dus kom dieselfde groep van 14 kinders elke week by en bly deel van die groep totdat hulle oorgaan na hoërskool. Dan kan van die gegradueerdes kies om as vrywilligers op te tree om die jonger kinders te help.
'n Tipiese werkswinkel sluit in:
Die program sluit ook gereelde opvoedkundige uitstappies in om die kinders se wêrelde oop te maak, vir bv. begeleide toere deur 'n wildreservaat, besoek aan 'n perdeplaas om te leer oor die versorging en hantering van diere, voertuigvervaardigingstoer, teatervertoning, seeervaring, swemkursus, ens.