Dorpsname teen die koppies

Dorp name Koppie klippe

Een van die baie dinge wat mens opval wanneer mens deur die Karoo ry, is die dorp name wat uit gepak is teen ‘n koppies. Gewoonlik is dit met wit gekalk klippe gedoen, maar blykbaar met wit kwarts ook (daardie plekke sal ons nog soek). Ek het nog altyd gewonder wie is die mens, en hoekom het hy besluit om die dorp se naam met klippe teen die koppies uit te pak.

Na heelwat rondvra en ook met vlieëniers self gepraat, het ek hierdie inligting bymekaar gemaak.

Al word daar gesê dat die vlieëniers daarvan gebruik om om te navigeer, is dit nie heeltemal waar nie want dit is nie altyd prakties nie. Wanneer ‘n vlieënier van ‘n ligte vliegtuig ‘n roete beplan kyk hy op ‘n kaart vir groot en hopelik lang bakens, soos riviere en paaie. Die dorp se name teen die koppies is ook nie noodwendig te sien vanuit die rigting wat hy vlieg nie. So al sien vlieënier, as hy gelukkig is, die dorp naam is dit net mooi, is hy verseker nie afhanklik daarvan vir oriëntasie nie.

Die vroegste verwysing na die uitpak van ’n letter, eerder as dorp se naam, teen koppies wat ek kon kry, was van 1904. Die Lahainaluna Hoërskool leerders in Lahaina, een van die Hawaii eilande, het hul sport oorwinning te vier deur ‘n groot letter “L” teen die kant van die Wes-Maui-berge uit te pak. So het die tradisie toe begin dat die span wat wen hul letter teen ‘n koppie uitpak. Die L van Lahainaluna Hoërskool is steeds te siene. Die gebruik het uitgekring en na ander skole, gemeenskappe en Boy Scouts.

Wie en hoe dit in Suid-Africa die eerste gedoen het is ek nie seker nie. Maar die afleiding vir ‘n rede agter die uitpak van die dorps name teen koppies blyk maar net goeie ou gemeenskap trots. Ek is baie stories mee gedeel van Landsdiens en Voortrekker groepe wat die klippie weer gekalk het. Die enigste verwysing na die fisiese uitpak van die klippe wat my mee gedeel was, is Jan Malan se vertelling van Victoria-Wes se gebeure.

“Adri ek kan maar net vertel van wat ek as kind gehoor het. Die naam op die berg by Victoria-Wes was blykbaar die eerste dorp waar dit gebeur het, dit is gedoen deur 'n Jood wat 'n winkel in die dorp gehad het, ongelukkig kan ek nie meer die naam onthou nie.  In elk geval het die Winkel eienaar die winkel se naam en "General Dealer" plus die dorp se naam uitgepak en dit oornag wit geverf toe dit klaar was, die Dorpsraad het toe opdrag gegee dat hy dit moet verwyder maar die Dorp se naam moet bly. “

Johann Sparrius vertel dat hulle as Landsdiens het die “1843” agter die naam Richmond uitgepak in 1971/2, en weer gekalk.

Ons sal graag meer stories wil hoor oor wanneer die dorp name teen die koppies uitgepak is. Deel asseblief met ons. Ook as jy ‘n foto het van jou dorp se naam teen die koppies, stuur ‘n e-pos na adri@onskaroo.org.za

Druk
 
Deel op:
Deur:

Adri Smit

van
Ons Karoo
adri@onskaroo.org.za