Vergete grootpad ekspedisie

Druk
 
Deel op:
Adres
SUTHERLAND
Begin:
22 Oct om 07:00
Eindig:
06 Nov om 14:00

Hoof event

Vergete Grootpad Ekspedisie

Aktiwiteite

Fraserburg verwelkom Vergete Groodpad Ekspedisie
Vergete Grootpad bespreking - Williston
Vergete Grootpad bespreking - Fraserburg
Vergete Grootpad bespreking - Sutherland
Karoo kunsuitstalling
Louwhuis & Museum Markdag
Boekbekendstelling
Kontakbesonderhede
+27 73 852 7420
Organiseerder: The Forgotten Highway
Tariewe

Ons opwindende reis op die Vergete Grootpad Ekspedisie. 22 Okt – 6 Nov: 15dae van verkenning. Vreugde Perde (Piet Coetzer) gaan met sy 6 perde, die groen wa en natuur Kai, die worshond wat nie by die huis gaan bly nie, die pad aanpak. Die Vergete Grootpad is ‘n projek wat deur die Karoo Development Foundation in die lewe geroep is om mense bewus te maak van die roete se ryk geskiedenis.

Voor vandag se N1 was hierdie die roete wat gery was. Noordwaarts vanaf Tulbagh en Ceres dan deur die Karoo, via Sutherland, Fraserburg, Loxton, Carnarvon, Griekwastad of Blinkklip (later Postmasburg genoem), Danielskuil en Kuruman. Natuurlik het al die dorpe nog nie bestaan nie, die stories is wel daar en hier en daar nog bewyse van die reisigers. Die roete was gebruik die San, Khoi, trekboere, handelaar, ivoor jagters, prospekteerders en ontdekkingsreisigers soos William Burchell.

Ons Karoo en Kontrei (dis ek en Gipsy – my geliefde x-trail) gaan die roete saam met Vreugde Perde ry sodat ons al die interessante stories en plekke met jou sal kan deel. Volg ons gerus om op hoogte te bly, nie net oor die die Vergete Grootpad nie, maar ook ander interessante dinge in en om die Karoo.

Die Organiseerders: The Forgotten Highway