Meer oor ons

Om enige plek in die Karoo of omliggende platteland te bly is ‘n wêreldse verskil van om in ‘n stad te bly. Daar is positiewe en negatiewe aan al twee kante. Maar die wat bly hier bly wil nêrens heen trek nie, dis onder jou vel.

Ons Karoo en kontrei het ontstaan omdat die behoefte aan ekonomiese ontwikkeling, nie net raak gesien is nie, maar ook beleef is. Daar is wel sterkte in getalle, en al bly ons ver verwyder van mekaar, saam kan ons soveel meer vermag.

Die eerste stap is om ‘n besigheid-netwerk te begin in ons gebied wat rofweg die groter Karoo area en al die plekke wat daar rondom grens. Dit gaan tog op die ou einde daar oor om nuwe lewe in die platteland te blaas, deur mekaar te help.

Om ‘n besigheid se langtermyn sukses ‘n beter kans te gee, moet die eienaar ‘n entrepreneurs-ingesteldheid hê. Volgens die woordeboek beteken Entrepreneur die volgende: “Iemand wat op sakegebied nuwe rigting inslaan en nuwe ondernemings aanpak.” Die wêreld verander en soos ons ervaar het met Covid, moet besighede aanpasbaar wees. Dis waar die entrepreneurs-ingesteldheid baie handig te pas kom.

Deel van Ons Karoo en Kontrei se langtermyn planne is om entrepreneurs en ander nie-winsgewende organisasie te ondersteun. Daar is kundige organisasie wat al groot suksesse bewys het, soos A2B Transformation en Nation Builder wat onskatbare waarder vir plattelandse ekonomiese ontwikkeling kan wees saam met wie ons graag sal wil werk.  Ons sal julle op hoogte bring sodra ons meer formeel alles in plek het.

Maar intussen nooi ons besighede in die Karoo en omliggende platteland uit om jou besigheid solank te registreer op die platform. Dan is julle deel van die Ons Karoo en Kontrei familie. Neem asseblief vrymoedigheid om voorstelle en verbeteringe met ons te deel. Ons hoor graag, want saam is ons sterker.

Ons Missie

Saam is ons sterker - Om 'n doeltreffende netwerk van entrepreneur in die Karoo en kontrei te bou wat positiewe veranderinge en ekonomiese groei kan bewerkstellig.

Ons Visie

Om die positiewe veranderinge en ekonomiese groei te bewerkstellig deur middel van leiding, kundighe de ontwikkeling, en ondersteuning te bied.

Ons Waardes

Om alles wat ons doen te doen met opregte liefde. Daaruit spruit respek, etiese waardes en omgee gemeenskappe, wat die fondasie is vir positiewe verandering.

Die Besigheidskant

Ons Karoo is 'n Sosiale Onderneming - dit beteken om Ons Karoo as 'n behoorlike besigheid te bedryf, maar ons wins gaan na 'n saak. En ons oorsaak is die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van die Karoo. Mettertyd sal ons meer hieroor deel.

Non-profit company: 2021-700146-08
Non-profit organisation: NPO-263-471
PBO: 930073277